FC Navigation Console FortuneCity ad

Vir die lagspiere

 

 

Tuis               Gunsteling Foto_Album Stokperdjies Grappe Oordenking  Afrikaanse skakels

 

order_beyond.gif (1799 bytes)

frontpag.gif (9866 bytes)

 

 

 

 

 

                                           animouse.gif (73345 bytes)

Baie van hierdie grappe kom van Danie en Gerhard.

 

 

wpe1.jpg (772 bytes) Die Skotse werker in Glasgow sny per ongeluk sy vinger af. Sy kollegas sit sy vinger in 'n plastiese sak, pak dit in 'n bak vol ys en jaag met hom na die hospitaal in Glasgow, waar 'n beroemde sjirurg (emigrant uit Suid-Afrika) die vinger weer vaswerk. Na 'n week is die Skot weer terug by die werk, sy vinger is gesond, en hy ontvang 10 000 pond kompensasie. Sy een kollega besluit hy het ook geld nodig. Hy steek sy arm in die masjien, wat dit afsny. Sy kollegas gryp die arm, plaas dit in 'n plastiese sak, pak ys daaromheen en jaag met hom na Glasgow se hospitaal. Die sjirurg werk die arm weer vas, en na 'n maand is die werker terug by die werk, sy arm   gesond, en hy ontvang 100 000 pond kompensasie. 'n Derde werker sien die moontlikheid om groot geld te maak. Hy druk sy kop in die masjien in. Die masjien sny sy kop netjies af. Sy kollegas kry die kop, plaas dit in 'n plastiese sak, plaas die sak in 'n emmer vol ys, en jaag met hom na Glasgow se hospitaal toe. Na 'n uur in die operasiesaal kom die sjirurg uit en se^ aan die hoopvolle kollegas: 'Julle vriend is dood.'  Maar wat het dan gebeur? Kon u hom nie ook help nie?' vra hulle. 'Ongelukkig nie,' antwoord hy, 'hy het versmoor in die plastiese sak!'

 wpe1.jpg (772 bytes) Jy het 'n slegte dag as een van die volgende gebeur:

* Jy beland in 'n verkeersknoop agter 33 Hell's Angels-motorfietsryers, en daar hak jou toeter vas...

* Jou tweelingsuster vergeet jou verjaarsdag.

* Jy skakel die selfmoordhulplyn en hulle vra jou om aan te hou, want hulle is vandag baie besig ...

* Jy moet gaan sit as jy jou tande borsel.

* Die belastinggaarder stuur jou 'n tjek wat hop.

* Dis die dag na die kantoorpartytjie, en almal ignoreer jou.

* Jou blind date is jou gewese vrou.

* Jou dokter vertel jou dat jy allergies is vir sjokolade.

* Jy bel jou vrou en se^ julle moet vanaand gaan uiteet, en as jy by die huis kom, le^ daar vir jou 'n toebroodjie op die stoep.

wpe1.jpg (772 bytes) Van der Merwe het nou die dag so groot geskrik toe hy in die spitsverkeer sien hoe 'n ma wat oor die selfoon praat, haar baba borsvoed; dat hy sy pyp in sy koffie laat val het!

wpe1.jpg (772 bytes) Die huwelik is die natuur se manier om te keer dat mense rusie maak met vreemdelinge.

wpe1.jpg (772 bytes) Mike ry in die dorp rond en 'n prokureur stamp sy kar. Die prokureur dink hy gaan dalk gratis hier uitkom en se^ vir Mike: 'Man, die duik in jou kar is nie te erg nie. As jy net hard blaas in die uitlaatpyp, sal die duik weer uitspring.' Mike glo die storie en die prokureur ry weg sonder om sy naam en adres te los. 'n Uur later kom Kallie op Mike af waar hy nog steeds tevergeefs in die uitlaatpyp blaas. Mike verduidelik die hele storie vir Kallie. 'Geen wonder jy kry nie die duik uitgeblaas nie,' se^ Kallie, 'jou kar se venster is dan oop!!'

wpe1.jpg (772 bytes) Een vuurvliegie aan 'n ander: "Ek sal 'n bril moet kry!'  'Hoekom?' vra nommer twee. 'Want ek het nou net per ongeluk 'n sigaret gesoen!'

Argief 1 Grappe